Rusland voer honderde aanvalle in Oekraïne uit
Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê Rusland het dié maand 130 missiele, meer as 320 Shahed-aanvalshommeltuie en byna 900 geleide bomme in Kiëf lanseer. Dit volg nadat beide lande hul lugaanvalle verskerp het. Moskou se troepe vorder op die voorste linie en Oekraïne het tans ‘n tekort aan mannekrag en wapens. Zelensky sê Oekraïne het getoon hy is in staat om Russiese terroristemissiele en hommeltuie asook Russiese militêre vliegtuie suksesvol af te skiet. Hy sê egter hulle het steeds meer beskerming nodig.