Rusland veto skietstilstandplan vir Soedan

Rusland het ‘n konsepresolusie van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies vir ‘n onmiddellike skietstaking in Soedan geveto. Die land worstel steeds met ‘n dodelike oorlog wat meer as 11 miljoen mense ontheem en ‘n humanitêre krisis ontketen het. Die Britse minister van Buitelandse Sake David Lammy sê Rusland het weer sy ware kleure aan die wêreld gewys: