Rusland val Oekraïne aan, Oekraïne val Rusland aan
Minstens 41 mense waaronder drie kinders is dood in Russiese lugaanvalle op die Oekraïnse stad, Kharkiv. Die aanval kom nadat Kiëf ʼn vlaag hommeltuigaanvalle op teikens in Moskou uitgevoer het waar brande die naweek by twee energie-fasiliteite uitgebreek het. Volgens Rusland se verdedigingsministerie het meer as 158 Oekraïnse hommeltuie 15 streke in die land, insluitend die hoofstad, aangeval. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het sy Westerse bondgenote weer gevra om sy land alles te gee wat nodig is om homself te verdedig.