Rusland val aan met mediumafstand missiel, rig waarskuwing uit
Russiese president Vladimir Putin het bevestig dat Rusland ‘n hipersoniese mediumafstand ballistiese missiel op ‘n Oekraïnse militêre terrein afgevuur het. Hy het die Weste gewaarsku dat Moskou die reg het om lande te tref wat Kiëf van langafstandwapens voorsien. Die Russiese leier het in ‘n onaangekondigde televisietoespraak aan die nasie gesê Rusland het die nuwe missiel Oreshnik getoets om ‘n militêre fasiliteit in die Oekraïnse stad Dnipro te tref. Hy sê die aanval Donderdagoggend was in reaksie op Oekraïnse aanvalle op Russiese grondgebied met Amerikaanse en Britse missiele vroeër die week.