Rusland sê ses dood in Oekraïense aanvalle

Russiese owerhede sê ses mense is dood en meer as 100 gewond in hommeltuig- en missielaanvalle deur Oekraïne. Vyf van die slagoffers, insluitend twee kinders, is dood toe brokstukke van Oekraïnse missiele wat oor ʼn kusgebied in Sevastopol afgeskiet is, hulle getref het. Rusland se ministerie van Verdediging sê Oekraïne én Amerika dra skuld vir die aanval op burgerlikes omdat Amerikaanse missiele gebruik is.