Rusland sê Oekraïne het bom geplant

Rusland se nasionale teenterrorisme-komitee beweer ‘n bom wat die dood van ‘n bekende pro-oorlog militêre blogskrywer, Vladlen Tatarsky, veroorsaak het, is deur Oekraïne se spesiale magte beplan. ‘n Vrou wat as Darya Trepova geïdentifiseer is, is in hegtenis geneem in verband met die aanval by ‘n kafee in die middestad van St Petersburg. Russiese ondersoekers sê Trepova is ‘n ondersteuner van die opposisieleier, Alexei Navalny, wat in die tronk is sedert hy in Januarie 2021 van Duitsland na Moskou teruggekeer het. Oekraïne ontken enige betrokkenheid by die aanval.