Rusland sê hy het Bakhmut gevat

Rusland sê hy het die oostelike Oekraïense stad Bakhmut ten volle verower, wat ‘n einde aan die langste en bloedigste gevegte van die 15 maande lange oorlog beteken. Kiëf het die bewering ontken maar het nog nie amptelik ‘n verklaring uitgereik nie. Die Russiese aanval is gelei deur troepe van die Wagner-groep van huursoldate, wie se leier Yevgeny Prigozhin sê dat sy troepe uiteindelik die Oekraïners uit die laaste beboude gebied binne die stad gedruk het.