Rusland se eerste graanbesendings vetrek na Afrika

Somalië en Burkina Faso sal die eerste wees wat gratis Russiese graan oor sowat ‘n week ontvang. Rusland se landbouminister, Dmitri Patrushev, sê die twee graanbesendings is reeds op pad na Afrika met twee twee skepe, wat elk 25 000 ton Russiese koring dra, wat verlede week vertrek het. Die afgelope tyd het betrekkinge tussen Rusland en Somalië versterk. Rusland het in Julie by die Rusland-Afrika-beraad skuldverligting van tot 13 miljard Amerikaanse dollar aan die land toegestaan. Rusland het ook aangebied om Somalië se weermag van militêre toerusting te voorsien in sy oorlog teen terrorisme.