Rusland sê Biden moet sy woorde tel

Rusland het die Amerikaanse President Joe Biden geroskam oor sy uitlating oor die hoof van die Wagner-groep, Jevgeny Prigozhin, wat vemoedelik Woensdag dood is nadat sy vliegtuig in die noorde van Moskou neergestort het. Biden sou glo gesê het dat hy nie verbaas was om van Prigozhin se dood te hoor nie. Biden het ook gesê dat daar min gebeure in Rusland is waarby President Vladimir Putin nie betrokke is nie. Die Russiese adjunkminister van buitelandse sake, Sergei Ryabkov sê sulke uitlatings toon die VSA se minagting van diplomatieke betrekkinge. Putin het Donderdagaand eers sy stilte oor Prigozhin se moontlike dood verbreek en sy medelye betoon met die slagoffers se naasbestaandes. Amerikaanse media het berig oor bronne wat beweer dat die straler nie neergestort het nie, maar daar ‘n ontploffing aan boord was.