Rusland sal Swartsee vir skepe oopmaak as sanksies gelig word

Rusland sê hy is gereed om ‘n humanitêre deurgang te skep sodat skepe met kos Oekraïne kan verlaat. Die Russiese vloot het in Februarie beheer oor die Swartsee oorgeneem. Dit het daartoe gelei dat Oekraïne se graan-uitvoere tot stilstand gekom het en voedselpryse wêreldwyd rekordhoogtes bereik het. ‘n Geraamde 20 miljoen ton graan kan nie uit Oekraïne beweeg word nie. Die Russiese adjunkminister van buitelandse sake, Andrei Rudenko, sê ‘n oplossing vir die voedselprobleem vereis ‘n omvattende benadering, waaronder die lig van sanksies wat teen Russiese uitvoere en finansiële transaksies ingestel is.