Rusland sal bande met Noord-Korea verdiep
Russiese president Vladimir Putin het belowe om handels- en veiligheidsbande met Noord-Korea te verdiep en dit teen Amerika te ondersteun. Amerika en sy Asiatiese bondgenote probeer uitwerk presies hoe ver Rusland sal gaan ter ondersteuning van die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un. Putin het Pyongyang geprys omdat hy weerstand bied teen wat hy noem Amerikaanse ekonomiese druk, afpersing en dreigemente. Noord-Koreaanse staatsmedia het ook artikels gepubliseer waarin Rusland geprys word en sy militêre operasies in die Oekraïne ondersteun word, en dit ‘n “heilige oorlog van alle Russiese burgers” genoem.