Rusland, Oekraïne ruik gevangenes uit

Rusland en Oekraïne het die uitruiling van gevange soldate bevestig en sê beide lande het sowat 200 van hulle militêre personeellede teruggekry. Rusland stel die aantal van sy uitgeruilde soldate op 195, terwyl die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, sê 207 van sy land se soldate en burgerlikes het teruggekeer. Dit is die eerste uitruiling sedert ‘n vliegongeluk in Rusland, waarin Moskou sê 65 Oekraïnse krygsgevangenes dood is. Kiëf bevraagteken dit, terwyl Russiese ondersoekers sê inligting van die vliegtuig se vlugopnemers dui aan dit is deur ‘n missiel afgeskiet.