Rusland loods ‘massiewe’ lugaanval op Oekraïne-energiestelsel
Rusland het in die vroeë oggendure ‘n “massiewe” lugaanval op die Oekraïne se energiestelsel geloods. Russiese magte het sowat 120 missiele en 90 hommeltuie afgevuur, volgens Reuters. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, sê sowat 140 van hulle is deur lugverdediging afgeskiet. Daar is nood-kragonderbrekings in Kiev en die omliggende streek, sowel as in die Donetsk-streek. Twee mense is dood in Mykolaiv, suidelike Oekraïne, in ‘n hommeltuig-aanval. Ses ander is beseer, insluitend twee kinders. Nog 1 640 Russiese troepe is die afgelope 24 uur dood, het die Oekraïense gewapende magte aangekondig.