Rusland is president van VN Veiligheidsraad

Rusland het die roterende presidentskap van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oorgeneem, ondanks Oekraïne se pogings om dit te verhoed. Elk van die raad se 15 lede is vir ‘n maand president van die raad op ‘n roterende basis. Dit beteken dat die Veiligheidsraad tans gelei word deur ‘n land wie se President, Vladimir Putin, deur die Internasionale Strafhof van oorlogmisdade beskuldig word. Die laaste keer wat Rusland president was, in Februarie 2022, het die land begin met ‘n volskaalse inval van Oekraïne. Amerika het na ‘n versoek van Oekraïne gesê hulle kan nie verhoed dat Rusland, as ‘n permanente lid van die Veiligheidsraad, die presidentskap oorneem nie.