Rusland het kamma-kamma gestem

Amerika sê Rusland se verkiesing was nie vry of regverdig nie omdat president Vladimir Putin politieke teenstanders in die tronk gegooi en ander gekeer het om teen hom te staan. Putin het ʼn sesde termyn gemaklik gewen en 87-persent van die stemme gekry in ʼn verkiesing waar geen geloofwaardige teenstanders toegelaat is om deel te neem nie. Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê Putin is verslaaf aan mag en hierdie nagebootste verkiesing is onregmatig. Duitsland se minister van Buitelandse Sake noem dit ʼn kamma-verkiesing onder ʼn outoritêre heerser wat staatmaak op sensorskap, onderdrukking en geweld.