Rusland brandmerk WWF as buitelandse agent

Rusland het die Wêreld Natuurlewefonds, die WWF, as verbode organisasie verklaar. Die organisasie se aktiwiteite sal nie meer in die land toegelaat word nie. Die Russiese tak van die internasionale organisasie sê hy het sy bande met die organisasie verbreek en sal nie meer die panda-kenteken of die afkorting WWF gebruik nie. Die Russiese regering beskuldig die fonds daarvan dat hy veiligheidsrisiko’s op ekonomiese gebied inhou. Volgens die land se vervolginsgesag voer die fonds veldtogte teen die energie-, olie- en gasbedrywe wat daarop gemik is om Rusland se ekonomie te belemmer. Die fonds word ook as ‘n sogenaamde buitelandse agent gebrandmerk, ‘n etiket wat met beweerde spioenasie verband hou.