Rusland arresteer Amerikaanse joernalis, sê hy spioeneer

‘n Amerikaanse joernalis wat vir die koerant Wall Street Journal werk, is in Rusland in hegtenis geneem en van spioenasie aangekla. Evan Geshkovich is ‘n ervare verslaggewer wat in Yekaterinburg gewerk het. Die Wall Street Journal het kommer uitgespreek oor sy veiligheid en ten sterkste ontken dat hy ‘n spioen is. Die Russiese regering beweer dat Geshkovich betrap is terwyl hy besig was met onwettige aktiwiteite om staatsgeheime oor Rusland se militêre magte te bekom, in opdrag van die Amerikaanse regering. ‘n Hof in Moskou het beslis dat hy tot 29 Mei aangehou moet word. Indien hy skuldig bevind word, kan hy tot 20 jaar tronkstraf gevonnis word.