Rundu-tender lig wenkbroue, bring vrae na vore

Na sewe jaar in beplanning, is die tender vir ‘n verkeersirkel en dubbelbaan-roete op Rundu uiteindelik gefinaliseer. Volgens die Tender Bulletin is die 43 miljoen Namibiese dollar se kontrak aan China Henan International Cooperation Group toegeken. Die vervoerminister John Mutorwa sê die Paaie-owerheid het die Chinese firma aangestel. Daar is ‘n ooreenkoms tussen die dorpsraad, die owerheid en die Padfonds-administrasie onderteken omdat die werk eintlik onder die dorpsraad se mandaat val omdat dit nie ‘n nasionale roete is nie. Dit vorm wel deel van die Trans-Zambezi-hoofweg. Die Tender Bulletin sê daar is weereens, geen rekord van ‘n tender wat uitgereik is nie, en ook nie een van ‘n tender wat toegeken is nie.