Rundu-man dood na hy kapana eet

‘n 45-jarige man is onmiddellik dood nadat hy twee stukke braaivleis by ‘n cucashop by die Ndama-nedersetting in Rundu in die Kavango-Oos-streek geëet het. Die misdaadverslag wat vandag deur die polisie uitgereik is, sê die man is die twee stukke kapana deur vriende aangebied. Hy het dit geëet, begin hoes en inmekaargesak. Hy is as Joseph Ruvundo geïdentifiseer. ‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.