Rundu en sy watervoorsienings drama duur voort

Inwoners van Rundu in die Kavango-Oos-streek sê hulle sit sedert Vrydag sonder water en sommige wat in Queens Park en Tutungeni woon sê die min water wat beskikbaar is, kom teen baie lae druk. Die Rundu-dorpsraad sukkel al maande lank met waterdrukkwessies omdat die aanbod nie aan die vraag voldoen nie en die dorp uitbrei. Kosmos 94.1 Nuus het by Olavi Nathanael, uitvoerende hoof van die Rundu dorpsraad, die jongste nuus rakende die waterkwessies gaan uitvind. Hy sê sommige gebiede het wel water en hulle werk nou saam met Namwater om die kwessie op te los.