Rundu dagga-vonds was N$40 000 werd
Die drie mense wat in besit van dagga naby Rundu gevind is, het 40 000 Namibiese dollar se waarde, of 4 kilogram van die dwelm gehad. Dit was in twee groot kanne vervoer. Die drie, Robert Jombi Likuwa, Mushambe Kakuru en Veronica Ruhupwa, is by die Tuhingireni-nedersetting in hegtenis geneem. Hulle het in die Rundu-landdroshof verskyn is elk borgtog van 8 000 dollar toegestaan en sal na verwagting op 15 Junie vanjaar na die hof terugkeer. Die man wat op dieselfde dag in besit van ‘n ietermagô-vel gevind is, is die 46-jarige Titus Kahonwa. Hy het skuldig gepleit en is ‘n boete van 30 000 dollar of drie jaar tronkstraf opgelê.