Ruimtetuig lê op sy voorkant op maan na dramatiese landing

Die eerste Amerikaanse ruimtetuig op die maan sedert Apollo het waarskynlik voorkant-eerste die grond getref nadat dit met ‘n rots gebots het in ‘n dramatiese landing. Die maatskappy wat Odysseus gebou het sê dit het naby die maan se suidpool geland na ‘n spannende daling waartydens die spanne tuis na ‘n rugsteun-rigtingstelsel moes omskakel. Dit het etlike minute geneem om radiokontak te bewerkstellig nadat die tuig die grond getref het. AFP berig dit lê op sy sy en dit het van die glans ontneem van die poging wat wyd gehuldig is as ‘n geskiedkundige prestasie. Nasa se wetenskaplike eksperimente kan moontlik nog werk.