Rugslag: Spele rekordhouer breek amper weer rekord
Die wêreldrekordhouer en Olimpiese kampioen in die 100-meter-rugslag, Kaylee McKeown, het die tweede vinnigste tyd ooit in die item opgestel tydens Australië se proewe vir die Spele in Parys. Sy het klaargemaak in 57,41-sekondes, net ‘n bietjie stadiger as haar wêreldrekordtyd van 57,33-sekondes. McKeown het daarmee vir Mollie O’Callaghan geklop, wat slegs die vierde swemmer geword het om onder 58-sekondes klaar te maak. O’Callaghan kan in Parys onttrek weens ‘n besige skedule, terwyl Iona Anderson ook gekwalifiseer het.