Rugby-wêreldranglys lyk effe anders na die naweek
Rugby: Die naweek se toetsuitslae het ‘n groot invloed gehad boaan die wêreldranglys. Suid-Afrika se terug as nommer een na gisteraand se oorwinning oor Skotland, met Nieu-Seeland nou tweede, gevolg deur Ierland, wat die boonste posisie moes prysgee nadat hulle teen die All Blacks verloor het. Frankryk bly vierde en Argentinië het opgeskuif na vyfde nadat hulle Italië geklop het, gevolg deur Skotland. Engeland het teruggesak na sewende na die nederlaag teen die Wallabies, wat opgeskuif het na agtste. Fiji is negende na hulle sege oor Wallis, en Italië tiende.