Rugby Wêreldbeker: Aanlyn boelie verskyn in hof

‘n Persoon in Australië verskyn binnekort in die hof nadat Wêreld Rugby opgetree het nadat spelers en wedstrydbeamptes aanlyn mishandel is tydens verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Vervolgings is ook hangende in Suid-Afrika, Frankryk, Australië, Nieu-Seeland en Brittanje. Wêreldrugby het tydens die toernooi ʼn vennootskap aangegaan met ʼn aanlyn moniteringsagentskap en meer as 1 600 kwetsprofiele is op sosiale media uitgewys. Die skeidsregter in die eindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks, Wayne Barnes, is een van die beamptes wat doodsdreigemente ontvang het.