Rugby: Veranderinge in Bulle-span

Rugby: Die Bulle het verskeie veranderinge aangebring vir vanaand se wedstryd teen Lyon in Frankryk. Die gevaarlike Bulle-agterspelers is steeds in die span met Wandisile Simelane wat hom by Kurt-Lee Arendse, Canan Moodie en Johan Goosen aansluit om ʼn voortreflike kwartet aanvallers te vorm. Die Bulle het die eerste kragmeting verlede jaar op Loftus gewen na ʼn terugvegpoging teen die einde deur Lyon. Afskop is vanaand 10-uur. Hulp-afrigter Chris Rossouw sê ‘n wen is belangrik.