Rugby: Stormers vier verskeie mylpale

Rugby: Die Stormers vier verskeie mylpale wanneer hulle vandag teen die Engelse klubspan, Harlequins, in ʼn wedstryd in die Kampioenebeker in Kaapstad te staan kom. Senter Dan du Plessis, slot Ernst van Rhyn en stut Neethling Fouché speel almal in hulle 50ste wedstryd vir die gashere terwyl Brok Harris die unie die 250ste keer sal verteenwoordig in wedstryde wat hy vir die Stormers en die Westelike Provinsie gespeel het. Volgens afrigter John Dobson is dit ʼn uitklopwedstryd en die spelers is vasbeslote om hulle beste voet voor te sit. Afskop is om vier-uur vanmiddag.