Rugby: Stormers op koers vir tuis-kwarteindstryd

Rugby: Die Stormers is steeds op koers vir ʼn tuis-kwarteindstryd in die Verenigde Rugbykampioenkap met nog twee groepswedstryde wat oorbly. Die verdedigende kampioen moes Vrydag in Ierland hard spook om 22-elk gelykop te speel teen die voorlopers op die punteleer, Leinster, en hulle tweede plek te behou. Daar is nou vier Ierse spanne in die top ses, met Ulster in die derde plek, Munster vyfde en Connacht sesde. Glasgow Warriors van Skotland is vierde. Die Stormers speel in April hul laaste twee groepswedstryde teen Munster en Benetton.