Rugby: Stormers mik na kwarteindstryd

Rugby: Die Stormers was die voorste Suid-Afrikaanse span in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Kampioenebeker. Die verdedigende kampioen is tweede in die VRK en  is een van drie Suid-Afrikaanse spanne wat die naweek in die laaste 16 van die Kampioenebeker speel. Die Bulle sal Sondag ‘n moeilike wegwedstryd in Toulouse speel, en môre ontvang die Haaie die Ierse span Munster, terwyl die Stormers die Harlequins in Kaapstad verwelkom. Die afrigter, John Dobson, sê dit was reeds ‘n suksesvolle seisoen.