Rugby: Stormers gereed vir Munster

Rugby: Daar is vier veranderings aan die Stormers se beginspan vir hul Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd vanaand teen Munster in Kaapstad. Die enigste verandering aan die agterlyn is Paul de Wet, wat die wedstryd op skrumskakel begin in ‘n rotasieskuif met Herschel Jantjies, wat van die bank af sal speel. Onder die voorspelers sluit Ruben van Heerden hom aan by Marvin Orie in die tweede ry, terwyl Hacjivah Dayimani en Willie Engelbrecht saam met Ben-Jason Dixon die lostrio vorm. Die veelsydige voorspeler Evan Roos kan ook van die bank af by die spel aansluit na hy van ‘n besering herstel het.