Rugby: Springbok-vroue vertrek na Londen  

Rugby: Die Springbok-vroue het vandag na Londen vertrek, waar hulle Saterdag ‘n oefenwedstryd teen Wallis in Ealing sal speel. Daarna vertrek die span na Madrid, vir twee toetse. Die eerste toets is op 25 Maart teen Kanada, en die tweede toets op 1 April teen Spanje. Die span se tussentydse afrigter, Louis Koen sê hul enigste doel is om as span en spelers meer wedstryd-ervaring op te doen. Hoewel die span nog nie sedert September gespeel het nie, het hulle ‘n goeie oefenkamp gehad en wil hulle met meer vertroue speel.