Rugby: Snyman opgewonde oor Blitsbokke in Hamilton  

Rugby: Om die Nieu-Seelandse Sewes te wen is nooit maklik nie, maar die assistent-afrigter van die Springbok Sewes, Philip Snyman, ken die gevoel. Snyman het in sy speeldae in drie agtereenvolgende eindwedstryde in Nieu-Seeland gespeel. Daardie ervaring sal hierdie naweek handig te pas kom wanneer die Blitsbokke vir die vierde toernooi in die reeks aantree. Snyman is opgewonde oor waarmee die Suid-Afrikaners in Hamilton vorendag kan kom.