Rugby: Sneeu in Johannesburg kniehalter wedstryde

Rugby: Die ongunstige weerstoestande in Johannesburg het ‘n verandering genoodsaak aan die wedstrydbepalings vir die Onder-16 Meisiesweek wat vanoggend by die Hoër Seunskool Jeppe sou begin. SA Rugby en die plaaslike reëlingskomitee het besluit om vandag se wedstryde tot Woensdag uit te stel. Die besluit is geneem om die veiligheid en welstand van die deelnemende spelers voorop te stel ná vanoggend se sneeu. Daar is besluit die toestande hou ‘n aansienlike gevaar in vir spelers en hul vermoë om op hul beste te presteer.