Rugby: Sege vir Haaie teen Benetton

Rugby: Makazole Mapimpi het gisteraand twee drieë vir die Haaie teen Benetton in Durban gedruk in die voorlaaste ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die tuisspan het ‘n bonuspunt behaal met hulle sege van 43-33 en hulle hoop steeds vir ‘n VRK-uitspeelwedstryd. Ellispark is vanmiddag die stadion waar daar vir die eerste keer twee VRK-wedstryde beslis word. Die Bulle pak Zebra Parma en daarna is dit die Leeus teen Leinster. Die Stormers meet vanaand in Kaapstad kragte met Munster.