Rugby: Owens moet by Bokke betrek word

Rugby: Nick Mallett glo dit sal ʼn meesterskuif van Rassie Erasmus wees indien Suid-Afrika se direkteur van rugby dit kan regkry om Nigel Owens te oorreed om die Springbokke se skeidsregter-raadgewer te wees tydens die Wêreldbekertoernooi. Die voormalige Bok-speler en -afrigter meen selfs al sou die Bokke se breintrust nie daarin slaag om die legendariese Walliese skeidsregter te bekom nie, sal iemand soortgelyk tot ʼn wen-wen-situasie lei. Mallett wys daarop dat die verdedigende kampioen die afgelope ruk dikwels aan die kortste ent getrek het wanneer dit by skeidsregter-beslissings kom.