Rugby: Orie voer Stormers in Ierland aan

Rugby: Slot Marvin Orie is aangewys as die kaptein van die Stormers-groep van 27 spelers vir hulle wedstryd Vrydag in Belfast teen Ulster in die Verenigde Rugby-kampioenskap. Die groep is Sondag uit Kaapstad weg na hul oorwinning van 30-16 teen Clermont. Dit het vir hulle  ʼn plek in die laaste 16 van die Kampioene-beker verseker. Kaptein Steven Kitshoff kry ʼn blaaskans saam met mede-Springbok, Damian Willemse. Ruben van Heerden, wie se dienste pas verkry is, sluit ook by die groep aan, asook die ervare duo, haker Scarra Ntubeni en senter, Juan de Jongh wat terugkeer na beserings.