Rugby: Oranje kaart oorweeg in Wêreldbekertoernooi

Rugby: Nog ʼn strafmaatreël is ‘n moontlikheid tydens vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk, met Wêreldrugby wat dit glo oorweeg om ʼn sogenaamde oranje kaart in te stel. Die hoof van wedstrydbeamptes, Joel Jutge, het bevestig hulle mag moontlik ʼn nuwe stelsel gebruik waar ʼn skeidsregter ʼn geelkaart aan ʼn speler mag wys wanneer dit ʼn 50/50-beslissing is. Die televisiewedstrydbeamptes moet dan binne tien minute besluit of dit ʼn rooikaart moet wees. Die gedagte is om nie die wedstryd te vertraag deur oor en oor na oortredings te kyk nie.