Rugby: Nóg twee SA derbies in VRK

Die Leeus hoop die terugkeer van die voormalige Springbok Willem Alberts, gaan ‘n verskil maak wanneer hulle die Bulle vanmiddag op Loftus in ‘n Verenigde Rugby-kampioenskapwedstryd pak. Hulle afrigter, Ivan van Rooyen, sê verlede week se oorwinning teen Glasgow Warriors het ook hulle selfvertroue ‘n hupstoot gegee. In vandag se eerste Suid-Afrikaanse derby, verwelkom die Stormers die Haaie in Kaapstad. Die VRK-wedstryd tussen die Ierse span Munster en Llanelli Scarlets van Wallis het altesaam 13 drieë opgelewer, met Munster wat ‘n naelskraapse oorwinning van 49-42 behaal het. Glasgow het ‘n bonuspunt verdien toe hulle Zebre van Italië met 50-8 verslaan het.