Rugby: Nienaber sê Springbokke kan nóg beter vaar
Rugby: Die Springbokke sê hulle lees nie te veel in hul oorwinning oor Nieu Seeland in die opwarmingswedstryd in aanloop tot die Rugbywêreldbeker nie. Vrydagaand was die laaste wedstryd voordat die Bokke hul wêreldtitel in Frankryk moet verdedig. Met die Springbokke se vyf drieë teenoor die All Blacks se een, was dit die grootste neerlaag wat die All Blacks nog gelei het. Die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, sê daar is nog ruimte vir verbetering voor sy span op 10 September in die openingswedstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen Skotland in Marseille uitdraf. Hy sê daar was veral in die eerste 20 minute van die wedstryd tekortkominge waar die Bokke geleenthede om punte aan te teken, verspeel het.