Rugby: Munster kom in Kaapstad aan

Rugby: Munster het in Kaapstad aangekom vir môre se eindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Stormers. Die Ierse provinsiale span wil bitter graag die trofee omhoog hou wat hulle reeds 12 jaar lank ontwyk. Munster vaar uitstekend in wegwedstryde en het met die Stormers, Glasgow Warriors en Leinster afgereken onderweg na die eindstryd. Die span se Suid-Afrikaans-gebore slot, Jean Kleyn, sê hulle is oortuig hulle kan die eindstryd in Kaapstad wen.