Rugby: Lyon oorweldig Bulle in sneeu

Rugby: Die Bulle is Vrydagaand in Frankryk op ‘n sneeu-bedekte veld ‘n les geleer in ‘n Kampioenebeker-wedstryd. Die span van Lyon het hulle met 31-7 verslaan. Dit is die Franse span se eerste oorwinning in die kompetisie in twee jaar. Kurt-Lee Arendse het die Bulle se enigste drie gedruk.  In vandag se wedstryd meet die Stormers kragte met Clermont in Kaapstad. Stefan Ungerer en Kade Wolhuter is die nuwe skakelpaar, met Willie Engelbrecht wat in die toekant-flank-posisie gaan speel. Dit is die Stormers se laaste groepwedstryd van die toernooi en hulle het een punt nodig om na die laaste 16 deur te dring.