Rugby: Kommer oor oppervlak van Kaapstad-stadion

Rugby: Daar is kommer oor die gehalte van die oppervlak van die Kaapstad-stadion vir volgende naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd tussen die Stormers en Munster. Die gras is oorspronklik aangeplant vir sokker en nie vir rugby nie, en verswak een van die tuisspan se grootste wapens, hul skrumwerk. Westelike Provinsie se twee komende Curriebeker-wedstryde is intussen na die Athlone-stadion verskuif om die oppervlak vir die belangrike kragmeting te beskerm.