Rugby: Engeland teen Skotland in Sesnasies  

Rugby: Die Sesnasies begin hierdie naweek en die nuwe hoofafrigter van Engeland, Steve Borthwick, begin sy veldtog more teen Skotland. Volgens Borthwick is sy groep gekies volgens wat hy op klubvlak gesien het, ‘n afwyking van die span-kiesstrategie van sy voorganger, Eddie Jones, wat dikwels voorkeur gegee het aan vorige vertonings vir Engeland. Borthwick sê die spelers is vasbeslote om hulle land met trots en vasberadenheid te verteenwoordig.

In môre se ander wedstryde in die Sesnasies speel Wallis teen Ierland en Sondag is dit Italië teen Frankryk.