Rugby: Eddie Jones kasty Aussie media

Rugby: Australië se afrigter, Eddie Jones, se stormagtige verhouding met die media duur voort en verslaggewers het weer onder sy tong deurgeloop met die span se vertrek na die Wêreldbeker-toernooi. Hy is op Sydney se lughawe gevra hoekom hy die veteraan-losskakel Quade Cooper uit sy groep weggelaat en eerder op jong, onervare spelers besluit het. Dit volg nadat die Wallabies sedert sy terugkeer al vier hulle toetse verloor het. Cooper weier oënskynlik om Jones se oproepe te beantwoord na die afjak. Jones beskuldig die joernaliste dat hulle deel is van die probleem, want hulle is negatief oor alles.