Rugby: Dis ‘n VRK-eindstryd op tuisveld vir Stormers
Rugby: Die Stormers kom oor twee weke in Kaapstad te staan teen Munster, nadat hulle Connaught met 43-25 geklop het in gister se eerste Verenigde Rugby Kampioenskap-halfeindstryd in die Moederstad. Manie Libbok het vyf van die Stormers se ses drieë verdoel en ook geslaag met ‘n strafskop, teenoor Connaught se vier drieë, ‘n strafskop en ‘n doelskop. Die Stormers het hul tweede agtereenvolgende VRK-eindstryd bereik en speel as verdedigende kampioene in die beslissende wedstryd teen Munster, wat in die tweede halfeindstryd in Dublin, Leinster met 16-15 geklop het.