Rugby: Connacht gereed vir Stormers
Rugby: Connacht is in Kaapstad vir môre se halfeindstryd teen die Stormers in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Ierse span het verlede naweek onverwags in Belfast oor Ulster geseëvier om die voorlaaste ronde te bereik en terselfdertyd aan die verdedigende kampioen ʼn onverwagse tuis-halfeindstryd in die Kaapstad-stadion besorg. Die hulpafrigter, Pete Wilkins, sê Connacht is vasbeslote om vir nog ʼn opskudding te sorg.