Rugby: Bulle ransel Italianers af

Rugby: Die Stormers het na die derde plek op die Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer teruggesak na hulle gisteraand in Kaapstad met 26-24 teen Munster verloor het. Die losskakel Manie Libbok het nie sy skopskoen aangehad nie en met vyf skoppe pale toe misluk. Die Leeus het vroeër in Johannesburg met 39-36 teen die voorlopers op die punteleer, Leinster, verloor. Dit het hul hoop verydel om in uitspeelwedstryde te speel. In Saterdag se eerste wedstryd het die Bulle vir Zebre met 78-12 afgeransel. Die Bulle se vleuel Canan Moodie het ‘n driekuns behaal. Dié bonuspunt-oorwinnng op Ellispark beteken die Bulle het so te sê hul plek in die uitspeelronde bespreek.