Rugby: Bulle ploeter voort

Rugby: Die Bulle het verlede jaar in die eindstryd van die Verenigde Rugby-kampioenskap gespeel maar hierdie seisoen sukkel hulle maar. Die manne van Pretoria het vyf agtereenvolgende wedstryde verloor en is sewende op die punteleer. Hulle fokus verskuif egter nou na eerskomende naweek se uitklopwedstryd in die laaste 16 in die Kampioene-beker teen die Franse bulspan, Toulouse. Die direkteur van rugby, Jake White, sê dit sal ʼn groot toets vir hulle wees.