Rugby: Blitsbokke stel teleur in Vancouver
Rugby: Die Springbok Sewes is uit die Vancouver Sewesbeker-kompetisie na Argentinië hulle met 12-0 geklop het. Hulle het die toernooi goed begin ‘n oorwinning van 40-12 teen Japan en ‘n gelykop-uitslag van 19-elk teen Frankryk. Maar die nederlaag teen Argentinië beteken die Blitsbokke het derde in hul groep geëindig en kon net die algehele negende plek in Vancouver behaal. Dit het hulle hoop verydel om in die top vier te bly en regstreeks vir die volgende jaar se Olimpiese Spele in Frankryk te kwalifiseer.