Rugby: Blitsbokke ruk hul reg in Kanada

Rugby: Die Blitsbokke het hulle goed reggeruk in Kanada na verlede naweek se treurige vertoning in Los Angeles. ‘n Drie laat in die wedstryd deur Siviwe Soyizwapi, gevolg deur ‘n doelskop deur Ricardo Duarttee, het aan die Suid-Afrikaners ‘n dramatiese gelykop-uitslag van 19-elk teen Frankryk in hul openings-wedstryd gisteraand in die Vancouver Sewes besorg. Die Springbokke het dit opgevolg met ‘n oortuigende oorwinning van 40-12 teen Japan vroeg vanoggend. Hulle speel laat vanaand teen Argentinië in hulle laaste groepwedstryd.